Vennote
Die vennote is tans Antoon van Tonder, Johan la Grange, JC Erlank en Theunis O'Neil. Die ervaring en kundigheid van MVB se vier vennote sal beslis waarde tot enige finansiële aspek toevoeg.
Ligging van kantore
Die firma se kantore is in Brooklyn, Pretoria, geleë. Die kantore is sentraal geleë met maklike toegangsroetes en gerieflike parkering.
Kliënte
Die firma lewer ’n uitgebreide reeks dienste aan meer as 1 100 kliënte. Ons kliënte kom uit ’n verskeidenheid sektore. Hulle besigheidsbelange varieer van persoonlike inkomstebelasting-aangeleenthede tot die aktiwiteite van groot korporatiewe kliënte. Die firma is trots op uitstekende verstandhoudings met en dienste aan al sy kliënte. Vanweë die groot aantal kliënte wat bedien word, is die firma se ervaring en kundigheid van so ’n aard dat daar deurentyd op alle gebiede waarde toegevoeg word.
Personeel
Die personeel bestaan huidiglik uit 37 lede, o.a. uit ouditbestuurders, ingeskrewe leerlingrekenmeesters, sekretariële personeel en rekenaarbestuurders.
Die ouditbestuurders is hoofsaaklik gekwalifiseerde rekenmeesters. Die leerlingrekenmeesters se kwalifikasies is ’n BCompt of BCom, of hulle is tans besig om BCom te voltooi.
Opleiding
Die vennote sowel as die personeel ondergaan voortdurend vernuwende opleiding, hetsy interne opleiding, eksterne opleiding deur verskeie entiteite aangebied. Dit verseker dat ons altyd op hoogte is van die nuutste ontwikkelinge en dat ons uitstekende diens kan lewer.
Die firma maak gebruik van rekenkundige programme soos Pastel, Caseware, Turbo Cash en ander sigblad sagtewarepakette.

